# Inwoners van Kaapstad is bereid om tot tien-persent méér vir hul waterrekeninge te betaal om seewater vir die spoel van hul toilette te gebruik, solank dit nie sleg ruik of die toilette vlek nie. Dít is volgens ‘n onderoek deur die Universiteit van Kaapstad. Navorsers sê die gebruik van seewater om toilette te spoel het egter sekere nadele, soos dat ‘n tweede netwerk waterpype gelê moet word – een vir drinkwater en die ander vir die toiletspoelwater.
Inwoners van Kaapstad bereid om méér te betaal om toilette met seewater te spoel