# Die internasionale polisie-organisasie Interpol se buro in Pretoria het ‘n 57-jarige Chinese voortvlugtige in hegtenis geneem wat betrek word by ‘n bedrogsaak in sy vaderland. Dit volg nadat ‘n rooi waarskuwing aan alle lidlande uitgereik is om die persoon op te spoor. Polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê hulle sal voortgaan om transnasionale misdaadsindikate af te takel en internasionale voortvlugtiges in die land in hegtenis te neem:
Interpol beloof om voort te gaan om transnasionale misdaadsindikate af te takel [KLANK]
AFR AmandaonChinese