Skip to content

Internasionale Migrasie-organisasie sê pogings om ramprisiko’s te verminder is ernstig onderbefonds

# Die Internasionale Migrasie-organisasie eis ‘n beslissende verskuiwing in globale finansieringsprioriteite en waarsku dat toenemende rampe en klimaatsgevolge rekordvlakke van ontheemding veroorsaak. In 2024 alleen is byna 46-miljoen mense deur rampe ontwortel, die hoogste aantal ooit aangeteken. Volgens die organisasie het aardbewings, oorstromings, storms, droogtes en hittegolwe die afgelope twee dekades 95-persent van die direkte koste uitgemaak. Die organisasie doen ‘n beroep op wêreldleiers om menslike mobiliteit by risiko-ingeligte ontwikkeling en klimaatsfinansiering te integreer, om te verseker dat gemeenskappe kan aanpas wanneer rampe tref.