# Die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie het die binnelandse afslag op ysterhoudende skroot van 30- tot 25-persent verminder. Hoofkommissaris Ayabonga Cawe sê die beskeie veranderinge aan Suid-Afrika se skrootmetaalprysstelsel volg na 13 maande van hersiening en wil mededingende belange in die sektor balanseer. Cawe sê die uitvoerbelasting van 20-persent bly steeds van krag. Rolspelers in die bedryf, waaronder herwinners en staalprodusente, bly egter verdeeld, met kritici wat waarsku die beleid belemmer steeds regverdige mededinging en streekverskaffers.
Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie verlig skrootmetaalkorting