Skip to content

Internasionale Energie-agentskap waarsku dat wêreldwye olievoorraad met 4,3-miljoen vate per dag sal daal

# Die Internasionale Energie-agentskap het gewaarsku dat die wêreld se olievoorraad vanjaar verder sal daal as wat voorheen verwag is, as gevolg van die sluiting van die Straat van Hormoes. Die belangrike waterweg is deur Iran gesluit sedert die VSA-Israelse oorlog met Teheran einde Februarie uitgebreek het. Die agentskap sê die wêreldwye olievoorraad sal vanjaar met 4,3-miljoen vate per dag daal. Dit is meer as die vermindering van 3,7-miljoen vate per dag wat in die agentskap se Julie-verslag voorspel is.