# Die Internasionale Energie-agentskap sê hy sal die vrystelling bespoedig van die oorblywende noodolievoorraad wat vroeër vanjaar belowe is, en teen einde Februarie ‘n verdere 71-miljoen vate by die mark voeg. Die mark toon tekens van herbalansering, met wêreldwye olievoorrade wat die vraag oortref vir die eerste keer sedert die uitbreek van die VSA-Iran-oorlog. Olievoorrade het in Oktober die vraag met byna twee-miljoen vate per dag oortref. Die IEA bly bekommerd oor voortgesette aanvalle op olietenkskepe in die Midde-Ooste.
Internasionale Energie-agentskap gaan meer noodoliereserwes vrystel terwyl wêreldwye olievoorraad begin verbeter