# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ‘n spesialisspan het met ‘n groep Suid-Afrikaanse aktiviste vergader wat by die Negev Israelse gevangenis aangehou word. Die groep, insluitend Mandla Mandela, was aan boord van hulpskepe op pad na Gaza wat deel gevorm het van die Global Sumud Flotilla, toe hulle verlede Woensdag deur Israelse magte aangehou is. Israel beweer dat die flottielje ‘n wettige vlootblokkade oortree het. DIRCO se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die flottielje, ‘n burgerlik-geleide inisiatief, was op ‘n vreedsame en humanitêre sending:
Internasionale Betrekkinge sê prosedures vir die terugkeer van SA aangehoudendes in Israel vorder [KLANK]
ENG PhiriOnSAGroupInIsrael