# Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê president Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in die VSA gekies. Dit is net meer as ‘n jaar sedert Ramaphosa se eerste amptelike ambassadeur in die tweede Donald Trump-administrasie, Ebrahim Rasool, skielik deur die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, tot persona non grata verklaar en uit Amerika geskors is. Dit is nadat hy in ‘n openbare webinaar geïnsinueer het dat Trump ‘n wit oppermagleier is. Dangor het aan die Kaapstadse Persklub gesê dat Ramaphosa binnekort ‘n aankondiging sal maak.
Internasionale Betrekkinge DG Dangor sê Ramaphosa het ‘n ambassadeur vir die VSA gekies