Skip to content

Instituut vir Rasseverhoudinge sê beleidsmislukkings hou Suid-Afrika se mynbousektor terug

# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se mynbousektor funksioneer ver onder sy potensiaal en benodig dringende hervorming om sy bydrae tot die ekonomie te herstel. Volgens die instituut het mynbou se aandeel aan die bruto binnelandse produk gedaal van 21-persent in 1980 tot ongeveer sewe-persent, met duisende werksgeleenthede wat as gevolg van dalende beleggings in eksplorasie verlore gegaan het. Terence Corrigan van die instituut blameer die huidige mynbou- regulatoriese raamwerk, insluitend lisensiëringsvertragings en eienaarskapvereistes, wat beleggersvertroue verswak.