Skip to content

Instituut gaan DA, VF Plus en ACDP nader oor skrapping van SEB-premies in verkrygingsbeleid

# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan aan die DA, die VF Plus en die ACDP skryf oor hoe belangrik dit is om voorskrifte oor swart ekonomiese bemagtiging in openbare verkrygingsbeleid te skrap. Die instituut het verlede week die EFF en die MK-party oor dieselfde kwessie genader. Hy sê die skrapping van hierdie beleid kan fiskale ruimte skep om die omstrede BTW-verhoging te vermy én die BTW-koers inderwaarheid tot 11,5-persent te verlaag.