Skip to content

Instituut bevestig diere in Pretoria-dieretuin word goed gevoer te midde van verwarring op sosiale media

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut het bewerings op sosiale media verwerp, dat die Pretoriase dieretuin dringend kos vir sy diere benodig. Die instituut het verduidelik die gerugte het begin toe ‘n inwoner van Tshwane aangebied het om takke te skenk, wat verkeerdelik verstaan is as ‘n noodberoep. Die dieretuin bevestig daar is voldoende kos vir alle diere. Lede van die publiek word aangespoor om die dieretuin te ondersteun deur middel van sy program om diere aan te neem.