# Die hoofinflasie in Namibië het in September tot 3,5-persent vanaf 3,2-persent in Augustus gestyg, hoofsaaklik as gevolg van stygende vervoerkoste. Die Namibië Statistieke Agentskap sê voertuigpryse het skerp gestyg en maande van algemene prysdalings in die sektor beëindig. Voedsel- en behuisingskoste het ook bygedra tot die druk. ‘n Ekonoom by FNB in Namibië, Helena Mboti, meen vervoerdinamika bepaal steeds inflasie-neigings, wat gelei het tot hersiene jaareindvoorspellings van 3,5-persent:
Inflasie in Namibië styg tot 3,5% aangedryf deur vervoerkoste [KLANK]
ENG-MbotiOnInfation