# ‘n Internasionale kliniese proefneming, gelei deur professor Georgina Long van die Melanoom-instituut in Australië, het bevind dat ‘n individueel-aangepaste kanker-entstof die risiko dat melanoom kan terugkeer, of pasiënte sterf, met 42-persent kan verminder. Die fase 3-proef het een-duisend-137 pasiënte ingesluit wie se gewasse chirurgies verwyder is. Navorsers van die farmaseutiese maatskappye Moderna en Merck het die studie by 157 sentrums wêreldwyd uitgevoer. Die resultate sal hierdie naweek in Madrid, Spanje, by die kongres van die Europese Vereniging vir Mediese Onkologie aangebied word. Die entstof is toegedien in kombinasie met bestaande immunoterapie.
Individueel-aangepaste kanker-entstof verminder risiko vir terugkering van melanoom