# ‘n Amerikaanse kommersiële sending met bemanning vanaf Indië, Pole en Hongarye is vandag op pad na die Internasionale Ruimtestasie. Dit is die eerste keer in dekades dat mense van hierdie lande na die ruimte gestuur word. Die vorige keer wat ruimtevaarders van hierdie land in die ruimte was, was die huidige span nog nie eers gebore nie. Hulle is ook destyds cosmonauts genoem, omdat hulle almal in Sowjet-ruimtetuie gereis het voor die val van die Ystergordyn. Hulle sal 14 dae op die ruimtestasie bly.
Indië, Pole en Hongarye stuur die eerste keer in dekades bemanning na die ruimte