# Die Internasionale Monetêre Fonds se hoof, Kristalina Georgieva, waarsku kunsmatige intelligensie kan werksgeleenthede bedreig, veral vir jongmense wat die arbeidsmark wil betree. Sy beskryf K-I as ʼn stadig-bewegende tsunami en sê maatskappye gebruik toenemend die tegnologie om roetine-take te verrig. Georgieva sê jongmense wat die eerste keer werk soek, kan die ergste geraak word. Singapoer se president, Tharman Shanmugaratnam, vra regerings vir permanente nood-maatreëls om werk te ondersteun. Die tydelike maatreëls is ingestel tydens die COVID-19-pandemie en in sommige gevalle die wêreldwye finansiële krisis.
IMF waarsku KI kan werksgeleenthede vir jongmense in gevaar stel