Skip to content

IMF verhoog sy vooruitsig oor wêreldwye ekonomiese groei

# Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitsigte vir wêreldwye groei vanjaar verhoog en ‘n minder as verwagte ekonomiese uitwerking van president Donald Trump se tariefbeleid aangedui, terwyl hy waarsku oor risiko’s wat voorlê. Die fonds se vlagskip-verslag oor wêreld-ekonomiese vooruitsigte is saamgestel voor die jongste tariefgeskil tussen Amerika en China. Die voorspelling vir vanjaar is verhoog tot 3,2-persent teenoor drie-persent in Julie, terwyl die voorspelling vir 2026 onveranderd bly op 3,1-persent. Die wêreldwye inflasiekoers sal na verwagting vanjaar hoog bly op 4,2-persent en in 2026 op 3,7-persent.