Skip to content

IMF sny Suid-Afrika se groeivooruitsigte te midde van globale handelspanning

# Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeiverwagting vir 2025 na een-persent hersien, wat beduidend laer is as die Nasionale Tesourie se vooruitskatting van 1,5-persent in Januarie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verlede maand nog ‘n groeikoers van 1,7-persent vir vanjaar voorspel. Die IMF skryf die negatiewe hersiening toe aan verhoogde globale handelspanning, veral die uitwerking van die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariewe, wat wêreldwye voorsieningskettings ontwrig het en beleggersvertroue verswak. Die IMF waarsku dat voortgesette handelspanning globale ekonomiese groei verder kan belemmer.​