# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velinkosi Hlabisa, woon vandag die 2025 Imbizo vir tradisionele leiers by wat deur die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San Leiers in Gauteng aangebied word. Die geleentheid, wat oor drie dae plaasvind, word deur 300 afgevaardigdes bygewoon onder die tema, ‘Sourcing Inspiration from the Past to Deliver a Better Future for Our People‘. Konings, koninginne, politieke leiers, en vennote, sal die stand van landelike ontwikkeling, insluitend swak infrastruktuur, grondsake, en gemeenskaplike samesyn aanspreek terwyl die Huis se toekomstige strategiese rigting bepaal word.
Imbizo vir tradisionele leiers sal landelike ontwikkeling en sosiale samesyn ondersoek