# Die Inkatha Vryheidsparty vier vandag sy 50ste bestaansjaar by die Jabulani-amfiteater in Soweto, onder leiding van die IFP-president Velenkosini Hlabisa. Die IFP, wat in 1975 deur wyle Prins Mangosuthu Buthelezi gestig is, het ontwikkel van ‘n kulturele beweging tot ‘n belangrike politieke mag. In ‘n verklaring sê die party dat die gekose lokaal geskiedkundige betekenis het, aangesien Prins Buthelezi die publiek dikwels daar toegespreek het. Die party sê die geleentheid vier vyf dekades van veerkragtigheid, diens en integriteit in die Suid-Afrikaanse politiek.
IFP vier 50 jaar van veerkragtigheid en integriteit in Soweto