# Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie sê hy gaan nie bespiegel oor wat aanleiding gegee het tot sy ondersoek- en bedryfshoof, Matthews Sesoko, se ontvoering nie. Hy is Vrydag op pad huis toe ontvoer, aangerand en van sy elektroniese toestelle beroof. Sesoko se aanvallers het hom Saterdagoggend naby Rabie Ridge, oos van Midrand vrygelaat. Sesoko het die ondersoek hanteer wat in Junie tot die inhegtenisneming van die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ses ander amptenare gelei het. Die direktoraat sê die polisie ondersoek die voorval.
IDAC wil nie bespiegel oor wat aanleiding gegee het tot ondersoekhoof se ontvoering nie