# Huldeblyke stroom in na die afsterwe van Albert Mazibuko, wat vir meer as vyf dekades in die ikoniese groep Ladysmith Black Mambazo gesing het. Hy is op 77-jarige ouderdom na ‘n kort siekbed oorlede. Mazibuko het in 1969 by Ladysmith Black Mambazo aangesluit, en die groep het vyf Grammy-toekennings gewen. Die groep het hom beskryf as ‘n vriendelike mens van binne en buite. KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, sê Mazibuko se bydrae tot die bewaring en bevordering van inheemse musiek op die wêreldverhoog sal nooit vergeet word nie.
Huldeblyke stroom in vir jare lange lid van Ladysmith Black Mambazo, Albert Mazibuko