# Skeepsverkeer deur die Seestraat van Hormoes het feitlik tot stilstand gekom nadat Amerika Iran die tweede agtereenvolgende dag aangeval het, wat die brose skietstilstand toenemend wankelrig laat lyk. Skeepsnasporings-data toon waarneembare bewegings in die wêreld se belangrikse energie-roete kom grootliks voor in die noorde, wat deur Iran beheer word, terwyl dit stil is in die roete langs Oman, wat deur Amerika gesteun word. Sowat 14 vaartuie het die seestraat gister oorgesteek, wat die minste is sedert die tussentydse skietstilstand middel verlede maand van krag geword het.
Hormoes se skeepsverkeer kom feitlik tot stilstand na Amerikaanse en Iranse aanvalle