# Die Hooggeregshof in Johannesburg het Sibusiso Zitha tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die gevierde bakster, Thembekile Letlape, bekend as die ‘Pastry Princess’. Regter Shanaaz Mia het versagtende faktore in ag geneem , insluitend dat Zitha ‘n ouer van twee minderjarige kinders is, dat hy hom vrywillig oorgegee het aan die polisie, asook sy tyd in aanhouding terwyl hy verhoorafwagtend was. Letlape se ouers het ‘n maksimum vonnis geëis, maar die hof is van mening onder omstandighede is 15 jaar ‘n gepaste vonnis.