# Die Hooggeregshof in Pretoria het die 2014-kontrak tussen Transnet en Wabtec South Africa Technologies tersyde gestel. Dit hou verband met die verkryging van 233 diesellokomotiewe ter waarde van agt-miljard-rand. Die hof het die 2014-verkrygingsooreenkoms en gepaardgaande subkontrakte ongeldig verklaar. As deel van die skikkingsooreenkoms sal Transnet die 233 diesellokomotiewe behou wat Wabtec gelewer het. Wabtec sal al die betalings wat hy volgens die kontrak ontvang het, behou terwyl Transnet 70,35-miljoen-rand sal ontvang.
Hooggeregshof stel Transnet-kontrak van R8-miljard vir 233 diesellokomotiewe tersyde