Skip to content

Hooggeregshof bevestig skorsing van uitvoerende hoof van Padongelukkefonds

# Die dringende hofaansoek van die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, teen sy skorsing is met koste van die hand gewys in die Hooggeregshof in Pretoria. Regter Graham Moshoana het beslis dat die fonds se besluit wettig en redelik was. Letsoalo is geskors omdat hy die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge misken het. Die hof het geen regsgronde vir sy aansprake gevind nie, sy beweerde reg op heraanstelling van die hand gewys, en sy versuim gekritiseer om die minister van Vervoer, Barbara Creecy, by die aansoek te betrek.