# Die Hooggeregshof het beslis dat die Stad Johannesburg die bevestiging en registrasie van informele handelaars moet versnel. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Maatskaplik-Ekonomiese Regte het die saak aanhangig gemaak nadat handelaars uit onwettige of ongedefinieerde gebiede verwyder is, en betoog dat hul regte om ‘n bestaan te maak, geskend is. Regter Brad Wanless het die stad gelas om môre met die proses te begin wat teen die 18de van hierdie maand voltooi moet wees, terwyl bestaande verordeninge afgedwing word.
Hooggeregshof beveel Johannesburg om informele handelaars se registrasie te versnel