Skip to content

Hoof van Volkswagen in Duitsland beplan om 100 000 werkgeleenthede te sny as deel van ingrypende herstrukturering

# Die uitvoerende hoof van Volkswagen, Oliver Blume, beoog om byna 100–duisend poste te sny en produksie by vier Duitse aanlegte te beëindig. Dit sal die grootste hervorming in die maatskappy se 89-jarige geskiedenis wees. Manager Magazine berig die motorvervaardiger sal beplande belegging met ongeveer 15-persent oor die volgende vyf jaar sny. Blume is onder druk om die lot van die wêreld se nommer-twee-motorvervaardiger te laat herleef, terwyl dit veg teen tariewe, Chinese mededinging en die duur oorskakeling na elektriese voertuie.