Skip to content

Hoof van Dobbelraad bedank nadat oudit onreëlmatige besteding vind

# Die Nasionale Dobbelraad se hoof- strategiese raadgewer, Caroline Kongwa, het bedank nadat ‘n forensiese oudit prestasiebonusse en internasionale reise as onreëlmatige uitgawes uitgelig het. Ground Up sê Kongwa het verlede jaar 3,4-miljoen-rand verdien en het vroeër hierdie maand bedank. Die organisasie is reeds elf jaar sonder ‘n raad, wat kommer oor swak bestuur onder verklikkers veroorsaak het. Die minister van Handel, Parks Tau, sê regsadvies word ingewin rakende die ouditbevindings. ‘n Proses om ‘n nuwe raad aan te stel, is na bewering aan die gang.