# Ongeveer 250 vragmotors is steeds vasgekeer op die N1 buite Worcester in die Boland weens oorstromings, terwyl meer as 20 busse by ‘n vulstasie geparkeer is waar hulpbronne uitgeput is. Jo-Anne Otto van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê hoewel opruimingsoperasies aan die gang is, sal dit etlike ure neem om die agterstand op te klaar wanneer toegang herstel word. Sy sê die Hugenote-tonnel sowel as Du Toitskloofpas bly gesluit, en die meeste kommer word veroorsaak deur die Breë-, die Berg- en die Kleinbergrivier wat afkom.
Honderde voertuie naby Worcester vasgekeer weens oorstromings