# Die Hooggeregshof in Pretoria het die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se aansoek om toegang tot afdeling-C van haar korrupsiesaak-dossier te verkry, van die hand gewys. Mapisa-Nqakula, wat uit is op borgtog van 50-duisend-rand, word aangekla op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery met 4,5-miljoen-rand wat ter sprake is. Die geld is na bewering by ‘n diensverskaffer aangevra toe sy die minister van Verdediging was. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat se Teenkorrupsie-eenheid, Henry Mamothame, sê die saak is tot 9 Mei uitgestel:
Hof verwerp Mapisa-Nqakula se aansoek om toegang tot dossier te verkry [KLANK]
ENG-MamothameOnMapisa-Nqakula