Skip to content

Hof lewer vandag uitspraak in Ramaphosa se dringende aansoek om ampsklagproses te staak

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof lewer vandag uitspraak oor president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek vir ’n interdik teen die parlementêre Ampsklagkomitee. Hy wil hê die komitee se werksaamhede moet gestaak word tot sy versoek om die Artikel 89-verslag tersyde te stel, afgehandel is. Volgens die verslag moet hy vrae oor die Phala Phala-skandaal beantwoord. Ramaphosa se prokureur, advokaat Wim Trengove, het verlede week aan die hof gesê die president se reputasie kan geskaad word en hy sal in die openbaar verneder word deur ʼn ondersoek na vals aanklagte.