# Die Oos-Londense landdroshof lewer na verwagting vandag uitspraak in die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy lyfwag en medebeskuldigde, Adriaan Snyman. Hulle is onder meer beskuldig dat hulle die Wet op Vuurwapenbeheer oortree het. Malema word beskuldig dat hy in 2018 in Mdantsane ʼn vuurwapen onwettig afgevuur het tydens die party se vyfde verjaardagviering. Die twee pleit onskuldig en voer aan dit was ʼn speelgoedgeweer wat nie lewendige koeëls kan afvuur nie. Malema voer aan die saak is polities en rasgemotiveer.
Hof lewer vandag uitspraak in Malema en Snyman se vuurwapen-saak