# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa is bekommerd oor die toenemende ongelukke waarby leerders betrokke is, en sê ‘n hersiening van die Nasionale Padveiligheidstrategie sal skoolvervoer prioritiseer. Dit volg ná die dood van vyf leerders gister toe ‘n ‘n minibus in ‘n voorskoolse gebou in die Imbali Township in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, vasgejaag het. Vyf leerders is steeds in die hospitaal. Die departement sê die Padverkeersbestuurskorporasie en Verkeersowerhede in KZN stel ondersoek in en ‘n voorlopige verslag word binne 48 uur verwag.
Creecy, Hlengwa sê hersiening van Nasionale Padveiligheidstrategie prioritiseer skoolvervoer