Skip to content

WGO sê meer as 1 300 oormaatsterftes word verbind met rekord-hittegolf in Europa

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku Europa is die vasteland wat, teen byna twee keer die wêreld-gemiddeld, die vinnigste verwarm. Meer as een-duisend-300 oormaatsterftes weens Europa se rekord-hittegolf, is sedert 21 Junie aangeteken.  Frankryk, Duitsland, die Tsjeggiese Republiek, Hongarye en Pole word veral swaar getref. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle werk saam met lidlande en vennote om gesondheidsprobleme weens die hitte te bekamp deur te fokus op voorbereiding, voorkoming en beter reaksie deur gesondheidstelsels.