# Suid-Afrika se windenergie-sektor kan teen 2042 sy arbeidsmag met tot 400-persent verhoog indien die beplande uitbreiding van hernubare energie voortgaan. Die wêreld se voorste windturbine-vervaardiger, Vestas van Denemarke, sê indiensneming in die bedryf kan groei vanaf drie-duisend-750 tot meer as 20-duisend werksgeleenthede. Die onderneming waarsku egter beleidsekerheid, ‘n voorspelbare verkrygingsprogram en groter netwerkvermoë is noodsaaklik om beleggings te lok. Die bedryf sê ‘n volgehoue vraag sal plaaslike vervaardiging, vaardigheidsontwikkeling en langtermynwerkskepping aanvuur.
Windenergie-sektor kan teen 2042 meer as 20 000 werksgeleenthede skep