# Meer as agt-duisend buitelanders is binne twee weke verwerk vir vrywillige repatriasie deur die Beitbrug-grenspos in Limpopo. Die Grensbestuursowerheid sê egter die proses is verlede week ontwrig toe 17 busse sonder die vereiste nood-reissertifikate opgedaag het. Woordvoerder Michael Masiapato sê dit is na die vragmotor-staanplek in Musina weggewys om opeenhopging te vermy terwyl dokumentasie nagegaan is. Hy sê Beitbrug sal nie gebruik word as waggebied vir operateurs wat nie voldoen nie, en vra behoorlike voldoening aan oorgrens-regulasies.
Beitbrug se repatriasie-proses ontwrig omdat 17 busse nie vereiste dokukmentasie het nie