Skip to content

BLSA-aanwyser wys Suid-Afrika se hervormingsprogram lewer meetbare vordering

# Business Leadership South Africa se jongste hervormings-aanwyser wys die strukturele hervormingsagenda wat deur Operasie Vulindlela aangevuur word, lewer meetbare vordering. Die algehele voltooiings-aanwyser het sedert Maart 2024 met 27-persent geklim tot 71,75. Operasie Vulindlela se jongste verslag toon 67-persent van die vordering is op koers, sewe-persent is afgehandel, ses-persent het groot probleme en 20-persent word vertraag. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, waarsku die vordering kan deur stelsel-weerstand vertraag word.