# Die polisie het oorskot gevind wat vermoedelik dié is van die Pretoriase joernalis Sibusiso Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Precious Mdhluli, wat in Februarie verdwyn het. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die ontdekking is gemaak in ‘n bos op die grens tussen Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Vyf verdagtes is in verband met die saak in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer ontvoering en kaping. Masemola sê DNS-toetse sal die identiteite bevestig:
Oorskot gevind wat vermoedelik dié van vermiste joernalis en lewensmaat is [KLANK]
ENG-MasemolaOnRemains