# ‘n Lid van die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid, Ismail Dawood, het homself oorgegee aan die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg. Hy word verdink van afpersing van meer as 350-duisend-rand, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie. Dawood het gister aanvanklik by die polisiestasie in Sandton aangemeld. Ondersoekers sê ‘n administratiewe fout het die vertraging veroorsaak, en hy is opdrag gegee om vandag terug te keer. Dawood het volgehou die saak is ‘n familietwis. Hy sal na verwagting vandag in die Johannesburgse Landdroshof verskyn.
Misdaadintelligensiebeampte Ismail Dawood gee homself oor aan polisie