# Die DA sê hy verwerp ten sterkste die Suid-Afrikaanse Poskantoor se versoek om sy sakereddingsplan ter waarde van 3,8-miljard-rand agter geslote deure te mag voorlê. Die party sê dis ‘n skande dat die Poskantoor, wat reeds deur belastingbetalers ondersteun word, geheimhouding vra terwyl sakereddingspraktisyns reeds ses-miljoen-rand per maand verdien. Die DA-lid, Nico Pienaar, sê hulle is sedert 2023 reeds meer as 240-miljoen-rand betaal, sonder enige tekens van ‘n werklike ommeswaai:
DA verwerp Poskantoor se geheime reddingsplan van R3,8-miljard [KLANK]
AFR NicoonBailoutPlan