# Suid-Afrika se aankoopprogram van hernubare energie – eens ‘n model van sukses wêreldwyd – toon swakplekke, aldus Wikus Kruger van die Universiteit van Kaapstad. Hy skryf dit toe aan netwerkbeperkings, stadige verkrygingsiklusse en ingewortelde uitdagings wat vordering verhoed. Kruger sê die sesde bodgeleentheid het misluk weens netwerkbeperkings, terwyl die sewende geleentheid een-duisend-760-megawat sonkrag verseker het, hoewel ‘n bottelnek verhoed het dat kontrakte vir windkrag toegeken is. Hy sê dringende hervormings is nodig om die land se verkryging van hernubare energie reg te ruk.
Hervormings benodig om SA se aankoopprogram van hernubare energie reg te ruk