Skip to content

Herinneringsdag word vandag herdenk

# Herinneringsdag word vandag in die Statebond herdenk vir die einde van die Eerste Wêreldoorlog en ter ere van lede van gewapende magte wat dood of beseer is in oorloë of gewapende konflikte. Die oorlog het op die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand van 1918 geëindig na vier jaar se gevegte wat tussen 15- en 22-miljoen lewens geëis het. Die dag is ook bekend as Wapenstilstandsdag of Papawer-dag weens die klein rooi blommetjies wat begin blom het op die versteurde slagvelde van Frankryk en België.