# Die direkteur van Openbare Vervolging in KwaZulu-Natal, Elaine Harrison, sê die ineenstorting van die taakspan vir politieke moorde hou ‘n ernstige risiko in dat destabilisering tot buite die provinsie kan uitbrei. Harrison het by die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig die eenheid is noodsaaklik om polities-gemotiveerde misdade wat tydens verkiesings toeneem, te beperk. Sy waarsku dat sonder die taakspan, politieke geweld na ander provinsies kan uitbrei, wat nasionale besgtendigheid voor volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing kan benadeel: