# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sê die beleid en wetgewing oor die kommersialisering van cannabis sal teen die einde van die 2026/27-boekjaar gefinaliseer wees. Minister Parks Tau het dit in reaksie op ‘n parlementêre vraag bekend gemaak. Bedryfskenners waarsku regulatoriese vertragings, hoë lisensiekoste en wetlike teenstrydighede belemmer steeds die wettige cannabis-sektor. Kenners beklemtoon dat dit baie entrepreneurs uitsluit en laat die onwettige mark floreer.
Handelsdepartment teiken 2026/27 vir finalisering van beleid oor kommersialisering van cannabis