# Die Grensbestuursowerheid sê die oorsaak van ‘n busongeluk Dinsdag naby die Beitbrug-grenspos in Limpopo word steeds ondersoek. Hy sê hy is diep bedroef oor die ongeluk, met ‘n bus wat buitelandse burgers vir repatriasie van Durban in KwaZulu-Natal na Musina vervoer het. Die bestuurder is in die ongeluk dood, terwyl sewe passasiers beseer is en na die hospitaal geneem is vir behandeling. Mmemme Mogotsi van die owerheid het haar meegevoel met die bestuurder se familie betuig en die beseerdes ‘n spoedige herstel toegewens.
Grensbestuursowerheid betuig meegevoel ná noodlottige busongeluk met gerepatrieerdes naby Beitbrug