# Die Grensbestuursowerheid het ‘n bestuurder gearresteer wat na bewering probeer het om ‘n Ford Ranger deur die Lebombo-grenspos in Mpumalanga na Mosambiek te smokkel. Daar was nog bankbetalings van meer as 70-duisend rand op die voertuig uitstaande. Mmemme Mogotsi van die owerheid sê die bestuurder het na bewering voorgegee dat hy ‘n amptenaar van die Grensbestuursowerheid is en ‘n vervalste bankbrief voorgelê waarin beweer word dat hy toestemming het om die voertuig oor die grens te neem:
Grensbestuur arresteer bestuurder wat probeer om bank-gefinansierde voertuig na Mosambiek te smokkel [KLANK]
ENG MogotsiOnSmuggling