Skip to content

Green Connection sê billike energieoordrag moet mense bo winste stel

# Die Green Connection sê Suid-Afrika se Billike Energieoordrag het nie met gemeenskappe op voetsoolvlak beraadslaag en hulle ingesluit by besluitneming oor energieprojekte nie. Die projek is in 2021 bekendgestel om ekonomieë wat van steenkool afhanklik is te help om na skoner energiebronne oor te skakel. Green Connection sê steenkool-, olie- en gasprojekte het voorheen gemeenskappe waar hulle bedrywig is se gesondheid in gevaar gestel eerder as om hulle op te hef. Hy sê hulle wil seker maak die oorgang na billike energie word van onder na bo gedryf en nie andersom nie.