Skip to content

GoSolr sê politieke teenstrydighede hou SA se potensiaal sonkrag-potensiaal terug

# Die sonkragmaatskappy GoSolr sê waar ander lande hul oorgang na sonkrag versnel, word Suid-Afrika teruggehou met ‘n warboel regulasies wat aanvaarding van sonkrag verhinder eerder as aanmoedig. Die hoeveelheid energie van sonkrag maak nou 11,5-persent van die land se energiemengsel uit en steek die 6,6-persent wat kernkrag bydra, verby. In sy jongste Light Paper stel GoSolr verskeie stappe tot suksesvolle hernubare energie voor. Dit sluit in ‘n nasionale netwerk vir sonkrag en die hersien van invoerbelasting op sonkragtoerusting.