Skip to content

GOOD-party vra stad om Dial-a-Ride-diens te red

# Die GOOD-party doen ‘n beroep op die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit in Kaapstad, Rob Quintas, om dringend 12-miljoen-rand in die hande te kry om drastiese besnoeiings van 8 September af aan die Dial-a-Ride-diens te voorkom. Die diens, wat sedert die laat 1990’s in werking is, help duisende gestremde inwoners. Roscoe Palm van GOOD waarsku die beplande beperkings sal meer as een-duisend kwesbare gebruikers uitsluit. Hy sê gegewe ‘n munisipale begroting van 70-miljard-rand is die tekort minimaal, maar die menslike onkoste is enorm.