# Die GOOD-party sê die daling in inflasie tot 2,7-persent verlede maand teen die 3,2-persent in Februarie, behoort die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan te spoor om druk op verbruikers te verlig. Inflasie is tans onder die teiken van drie- tot ses-persent, en die party versoek die bank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse te verlaag. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê talle burgers sukkel met skuld, en ‘n moontlike verhoging van 0,5-persentasiepunte in BTW sal dinge net vererger.
GOOD-party vra Reserwebank om rentekoerse te verlaag nadat inflasie daal